Ontwerpe

English

Talryke ontwerpe in 'n menigte temas

Op soek na 'n baie oulike tipe borduurontwerp? Cool Creations het 'n uitgebreide versameling ontwerpe om van te kies. Jou item sal net perfek lyk! Behalwe die gewone letters in tientalle lettertipes om die item pasgemaak en te verpersoonlik, is daar 'n magdom prente in die veelsydige Cool Creations versameling beskikbaar. Selfs die vitterigste persoon se voorkeure sal bevredig kan word met een of meer van die uitmuntende ontwerpe in die Cool Creations reeks. Die uitmuntende ontwerpsveld sluit in die mees fynste en delikaatste prentjies, asook opvallende, komiese en kleurryke patrone met panache.

Baie temas is ingesluit. Hier is slegs 'n paar voorbeelde: abstrakte ontwerpe in opvallende, vrolike en kontrasterende kleure, Afrika-kuns, aanloklike babatemas, geskakeerde blomme, musiekinstrumente, insluitende 'n harp en elegante en verfynde Christelike temas soos engele, gebede en kruise.

Die Cool Creations reeks sluit ook 'n groot verskeidenheid diere in byvoorbeeld snaakse beertjies in hul parmantige klein bikini's, snoesige hasies, dolfyne en paddas, eende, pragtige fyn vlinders, helder veelkleurige voëls en perde. Bekoorlike kosbare troeteldiere soos hondjies, katjies en die kontantste muise is deel van die wonderlike versameling. Wildediere soos leeus, tiers, olifante, vlakvarke, bokke en kameelperde is alles ingesluit op die lys.

Die stel sluit ook in drake, feetjies, seeskulpe, hartjies, flambojante hansworse, pragtige poppe, skryfbehoeftes, sportgoed, strikkies, vervoer, vrugte, spotprentjie-karakters en nog baie-baie meer

Cool Creations voorsien ook geborduurde logos vir besighede op byvoorbeeld uniforms en oorpakke. Addisioneel, verskaf ons ook 'n diens aan skole, sportspanne, klubs en verkennerspanne deur die voorsiening van geborduurde embleme op skoolbaadjies of op sporttruie en T-hemde. Jy mag dalk ook wil kyk na die Geborduurde Cool Creations Plakkers.

Wanneer jy 'n prentjie-ontwerp kies, wil jy dalk die items laat pasmaak deur die byvoeging van 'n naam. Sulke geborduurde letters vir die naam of van is gratis by meeste van die Cool Creations produkte en baie lettertipes is beskikbaar.

Het jy 'n gastehuis, herberg, restaurant of 'n soortgelyke akkommodasie-verblyfplek of dienste? Cool Creations kan die servette, tafeldoeke, handdoeke, waslappe en ander linne soos kussingslope en lakens vir die verbruiker persoonlik aanpas.

Wil jy jou besigheids-logo, besigheids name of handelsnaam laat borduur op produkte wat jy koop? As 'n duidelike logo of prentjie per epos gestuur word, kan die rekenaar-borduurontwerp gemaak word. Die koste van so 'n ontwerp is R200.

Let asseblief op dat alle standaard borduur ontwerpe vir versiering se maksimum grootte is 10 cm x 10 cm in verhouding, insluitende dié van nommers en letters en naambeelde of kentekens. Die aantal gratis ontwerpies per produk word by die individuele produk-inligting aangedui.

Onlangs het Cool Creations ook pragtige groter ontwerpe (10 cm x 17 cm) bygevoeg by die versamelings. Die groter ontwerpe is slegs van toepassing by sommige produkte. Lees meer by Groter Ontwerpe.

Cool Creations kwoteer nie vir borduurwerk per aantal steke nie, maar slegs per ontwerp. Dit spaar sommer baie!

Volg enige van die onderstaande skakels om meer van die volle reeks skrander ontwerpe te sien.

Christenkuns...Hierdie tema sluit die volgende in:

Diere...Hierdie tema sluit die volgende in:

Eetgoed...Hierdie tema sluit die volgende in:

Fantasieland...Hierdie tema sluit die volgende in:

Geleenthede...Hierdie tema sluit die volgende in:

Groter Ontwerpe 10 cm x 17 cm (Verskeie temas)

Items...Hierdie tema sluit die volgende in:

Kuns en Musiek...Hierdie tema sluit die volgende in:

Letters en Name...Hierdie tema sluit die volgende in:

Mense...Hierdie tema sluit die volgende in:

Natuur...Hierdie tema sluit die volgende in:

Seelewe...Hierdie tema sluit die volgende in:

Sport...Hierdie tema sluit die volgende in:


 

Refine Search

ARK Web Design since 1998 ** ARK Webontwerp sedert 1998

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

 ARK Web Design © 2014-2024
ARK Webontwerp © 2014-2024
h5

Download Bible: Angel

Bekering

Bybelteks

Bible Text