Die meeste ontwerpe in die veelsydige Cool Creations versamelings pas in 'n gewone borduurraam se 10 cm x 10 cm area. Dié ontwerpe kan ook verklein word. Cool Creations het egter nou ook 'n groter ontwerpgrootte toegevoeg tot die pragtige Cool Creations suite.
'n Splinternuwe reeks groter borduurontwerpe (10 cm x 17 cm) is die nuutste byvoeging tot Cool Creations se omvattende reeks borduurontwerpe. Die grootte kan wel verklein word na 10 cm x 10 cm, maar nie na 'n ander grootte tussenin nie. Patrone in hierdie bepaalde formaat is uitsonderlik manjifiek en geborduurde produkte lyk baie uniek. Natuurlik kan die groter ontwerpe nie op alle produkte gebruik word nie, maar lyk spoggerig op groter produkte soos handsakke, inkopiesakke, tafelversierings, sierkussings en talle ander produkte.
'n Volledige lys van produkte waarop die groter ontwerpe kan gebruik word word hieronder gegee. Besonderhede, asook die aantal gratis groter ontwerpe per produk word by die individuele produk-inligting aangedui.
As jy 'n groter geborduurde patroon as die stadaard ontwerpe soek, stuur 'n epos en ons sal kyk of die ontwerp van jou keuse inpas op die produk/te wat jy ingedagte het.
Miskien het jy 'n baadjie, onderbaadjie, sjaal, romp, bolero, hemp of mantel wat jy wil versier met die lieflike groter ontwerpe by Cool Creations. Kontak Cool Creations en ons sal met graagte probeer om jou te akkommodeer.
Lys van produkte waar die groter ontwerpe gebruik kan word: