Materiaal

English

Cool Creations materiale en produkte

Cool Shop gebruik slegs die beste vir sy reeks gehalte produkte.

Denim en Cotton twirl materiaal word gebruik vir sakke, terwyl Kunsleer vir boekmerke gebruik word. Wanneer Kamoefleer (Camo)- en dieretema-materiaal beskikbaar is, word die mees voortreflikste produkte vervaardig met daardie pragtige tematekstiel soos handsakke en hemde. Poliësterkatoen en Lakenlinne word gebruik vir die duursame Cool Creations linne produkte.

Die gerieflike winter- en somersweetpakke word gemaak van Quintex sweetpakmateriaal en T-hemp materiaal vir die voering, waar nodig.

Taffeta word meestal aangewend in die vervaardiging van die mooiste duvetstelle en Satyn onder andere vir die fraaiste kussinkies.

Handdoeke, waslappe en spoegdoeke is, soos gewoonlik, van Handdoekstof en vadoeke natuurlik van Vadoekmateriaal en versier met kleurvolle borduurkunswerk.

Goeie gehalte borduurgare word gebruik vir al die pragtige ontwerpies wat die verskillende produkte versier. Gekleurde ritssluiters, waar van toepassing, word bypassend in kleur gebruik, om die sakke nog meer op te helder. By sommige produkte soos die ring- en sierkussings en party linne en kombuislinne, word Kant en Lint aangewend vir pragtige dekoratiewe versiering of mooi afronding.

Vir die kompakte rugsakke is Velcro, drukkertjies en koord nodig om die stewige produkte te voltooi.

Meeste van die veelsydige matriale is beskikbaar in verskillende wonderlike kleure en dit is alles deel van die voortreflike Cool Creations produkte.

 

 

Cotton twirl

Voorbeelde van enkele kleure:

           

 

ARK Web Design since 1998 ** ARK Webontwerp sedert 1998

ARK Webontwerp sedert 1998
ARK Web Design since 1998

 ARK Web Design © 2014-2024
ARK Webontwerp © 2014-2024
h5

Download Bible: Angel

Bekering

Bybelteks

Bible Text